High-Definition Multimedia Interface

Die amptelike HDMI-kenteken
'n HDMI-kabel

High-Definition Multimedia Interface (HDMI) is 'n koppelvlak wat sedert 2003 vir moderne, digitale multimedia-toepassings ontwikkel is en wat baie hoë oordragsnelhede kan hanteer, soos digitale televisie, HDTV, Blu-ray, HD-DVD en omringklankformate met hoë resolusie.

Ná die implementering van 'n kopieerbeskerming (High-bandwidth Digital Content Protection, HDCP) is die HDMI-aansluiting as die nuwe standaard vir elektroniese oudio- en video-verbruikersware ingevoer. Dit kan beeld en oudio gelyktydig verwerk en sal mettertyd ouer standaarde soos die SCART-, RCA-Cinch- en YUV-koppelvlakke vervang. Die huidige HDMI-weergawe is 2.0a.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search